Hantam MTB

28 April 2018 vind die 4de Hantam MTB plaas op Brandkop, Nieuwoudtville.

Daar gaan weer 3 bergfiets roetes wees van 80 km, 40 km en 20 km.  Daar is weer prysgeld vir die 80 km en 40 km deelnemers. Die eerste 120 inskrywings kry ook elk 'n 'goodie bag' met sy inskrywing. Daar kan vooraf ingeskryf word via epos. Kontak besonderhede volg onder. Daar is vanaf die Vrydag kampplek beskikbaar. Die kampplek is gratis en die geriewe basies. Ons gaan ook weer vanjaar 'n stoordans hou op Brandkop met 'n braaivleisete teen R120pp.  Hier onder volg meer inligting oor elke roete.

80 Km

Die 80 km en die 40 km ry die laaste ent dieselfde roete.  Daar sal 5 km en 1 km merkers wees wat sal aandui hoe ver die waterpunte is.  Op die berg se rand sal weer 'n waterpunt wees en 'n fotograaf. Die inskrywingsgeld vir die roete is R250pp en 'n Geskenksak. Wegspringtyd is 7:30.  

Eerste plek wen R1000.                                                   Tweede plek wen R800.                                            Derde plek wen R500.

                                 40 Km

Die roete bly vanjaar basies dieselfde. Daar sal 5 km en 1 km merkers wees wat sal aandui hoe ver die waterpunte is. Die inskrywingsgeld vir die roete is R200pp en sluit 'n geskenksak                                                                 Wegspringtyd is 7:45.                                                     Eerste plek wen R800.                                                    Tweede plek wen R500.                                                 Derde plek wen R300.

                                 20 Km

Die 20 km is net 'n pretroete. Geen prysgeld vir die een wat eerste kom nie, maar elkeen kry wel 'n 'goodie bag' met sy inskrywing. Die inskrywings geld vir die roete is R100pp, kinders onder 12 is R50 per kind. Wegspringtyd vir die roete is 08:00. 

                     Saterdagaand Dans

Ons beplan om die Saterdagaand, 19:00, 'n dans te hou in die stoor op Brandkop. Kaartjies is R120pp, kinders onder 12, R60 per kind. Dit sluit 'n potjiekosete in. Bring net jou eie drinkgoed en glase. Ons gaan ook 'n paar gelukkige trekkings doen by die dans. Ons nooi ook al ons borge uit om die aand te kom, sodat ons hulle kan bedank vir hulle bydrae om dit alles moontlik te maak.

Algemeen

 Die kampplek is gratis, bespreek net vooraf jou plek. Vir die kampeerders wat al die Vrydag kom, daar sal hout te koop wees. Die boskamp is baie basies. Geen krag. Daar sal 'n tenkwa wees vir water. Die storte is ook buite en word voorsien van warm water deur middel van 'n donkie. Daar is chemiese toilette. Die wat al die Vrydag kom, kan al vanaf 18:00 kom inskryf vir die volgende dag en sy 'goodie bag' ontvang.  


Die Saterdag sal daar weer 'n Coke stalletjie wees vir water en koeldrank verkope. Ons gaan vanjaar 'n pannekoek stalletjie, ontbyt vetkoek en snoepie he.  Daar sal vir die Saterdagoggend voor die wegspringtyd koffie, tee, muffins en beskuit wees vir die deelnemers. Dis gratis. Daar sal ook weer vir die deelnemers piesangs wees en 'n melkie as hulle klaar gemaak het.

                Kontak besonderhede

As u vooraf wil inskryf via epos kan u vir Elizna Louw by brandkop@hantam.co.za epos en 'n inskrywings vorm aanvra. U kan haar ook epos indien u nog enige inligting soek en as u 'n kampplek wil bespreek. Vir meer inligting oor die roetes kan u vir Pieter Louw kontak by 027 2181 254 of by 083 6330 669. U kan hom ook epos by driekop@hantam.co.za                                                   U kan ook vir Mandie Kotze by 083 7722 918 skakel of epos na grasberg@hantam.co.za

                           Aanwysings

By Nieuwoudtville draai u op die R357 na Loeriesfontein toe. Jy ry dan omtrent 21 km op die teerpad. U sal dan aan die linkerkant van die pad ons borde en vlae sien en jy draai dan daar links by die terrein in.

Dis 'n langnaweek, so kom geniet die naweek saam met ons. Jy sal nie spyt wees nie.